home - bibliography - biography - clips - concert reviews - discography - faq - gigography - guestbook
info services - links - lyrics/chords - pictures - recent - shop - trading - upcoming - what's new

contact
Bibliography: Articles
 

 

Review of When I Was Cruel
News24, 2002-09-26
- Gabriel Botma

 

CD-resensie: Elvis Costello ("When I was cruel")

Gabriel Botma
ELVIS COSTELLO
When I was cruel
()

SOOS sy voornaam aandui, is hy pure pop-rock, en sy "kunstige" van reflekteer die feit dat hy een van die intelligentste populêre musiek- en liriekskrywers is. En daardie unieke sangstem . . .

'n Mens het hierdie album nogtans met 'n tikkie huiwering benader: Costello was die laaste tyd doenig met ambisieuse projekte waarin hy sy new wave-wortels begin verraai het. Met dié CD, seker nie toevallig nie weer saam met Pete Thomas en Steve Nieve van die Attractions-faam, wys Costello dat hy steeds die hoogtes van die sewentiger- en tagtigerjare kan bereik.

Sy melodieë, knap deurspek met jazz-elemente, ondersteun lirieke wat skerp en prikkelend kommentaar op die individu en die samelewing lewer. Tussendeur weef hy klank-elemente wat meesleur en verras. Elvis bly maar koning! (GB)

 
         
 

home - bibliography - biography - clips - concert reviews - discography - faq - gigography - guestbook
info services - links - lyrics/chords - pictures - recent - shop - trading - upcoming - what's new